Deel De Natuur
  • Categorieën
    • 01-Thema van de maand
    • 02-Vogels
    • 03-Zoogdieren
    • 04-Reptielen, amfibieën & onderwaterdieren
    • 05-Landschappen
    • 06-Flora
    • 07-Macro
    • 08-Creatieve / experimentele fotografie
    • 09-Abstract
    • 10-Mens en Natuur
    • 11-Promotie
    • 12-Wedstrijd
  • Rubrieken
    • Activiteiten
    • Alle artikelen
    • Deel jouw Natuur
    • Fotomaatjes
    • Inspiratie
    • Make-over
    • Natuurfotoclub's
    • Over Deeldenatuur.nl
    • Overig
    • Portfolio's
    • Thema van de maand
    • Tutorials
    • Workshops & fotodagen
  • Over deeldenatuur.nl
    • Nieuws
    • Informatie en voorwaarden voor het plaatsen van foto's
    • Gebruikershandleiding
    • Vrienden van Deel de Natuur
    • FAQ - Veel gestelde vragen en antwoorden
    • Foto op maat maken voor DDN
    • Tags
    • Het team achter Deel de Natuur
    • Doelstelling Stichting Deel de Natuur en ANBI
    • Privacyverklaring
  • Contact
  • Categorieën
    • 01-Thema van de maand
    • 02-Vogels
    • 03-Zoogdieren
    • 04-Reptielen, amfibieën & onderwaterdieren
    • 05-Landschappen
    • 06-Flora
    • 07-Macro
    • 08-Creatieve / experimentele fotografie
    • 09-Abstract
    • 10-Mens en Natuur
    • 11-Promotie
    • 12-Wedstrijd
  • Rubrieken
    • Activiteiten
    • Alle artikelen
    • Deel jouw Natuur
    • Fotomaatjes
    • Inspiratie
    • Make-over
    • Natuurfotoclub's
    • Over Deeldenatuur.nl
    • Overig
    • Portfolio's
    • Thema van de maand
    • Tutorials
    • Workshops & fotodagen
  • Over deeldenatuur.nl
    • Nieuws
    • Informatie en voorwaarden voor het plaatsen van foto's
    • Gebruikershandleiding
    • Vrienden van Deel de Natuur
    • FAQ - Veel gestelde vragen en antwoorden
    • Foto op maat maken voor DDN
    • Tags
    • Het team achter Deel de Natuur
    • Doelstelling Stichting Deel de Natuur en ANBI
    • Privacyverklaring
  • Contact
Login
of registreer

Login / Registeer

Inloggen

Registreer Login
Home Chris van Rooyen

Chris van Rooyen 14

_CVR2617~c_v_rooyen-Edit-Edit

Jagluiperdmoeder met welpie

Ek het die jagluiperdmoeder in die Kgalagadi Oorgrenspark afgeneem etlike jare gelede. Sy was gefokus op 'n klompie springbokke in die verte maar die kleinding wou net speel🙂
Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 503 Bekeken
DSC_7900 (2)~c_v_rooyen-Edit-Edit

Bleeksingvalk Melierax canorus

Ek het hierdie onvolwasse bleeksingvalk 'n wyle gelede in die Kgalagadi afgeneem. Hulle is redelik volop daar en en glad nie skugter nie, en nogal fotogenies.
Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 513 Bekeken
_CVR2333~c_v_rooyen-Edit-Edit

Kleinrooiborssuikerbekkie

Ek het hierdie suikerbekkie afgeneem in bewolkte lig op Robberg, naby my tuiste in Plettenbergbaai. Die fynbos is vol blomme wat die pragtige klein juweeltjies lok om op die nektar te voed.
Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 503 Bekeken
_CVR7558~c_v_rooyen-Edit-Edit

Edelvalk

Edelvalke is redelik volop in die Kgalagadi Oorgrenspark. Hierdie jong valk het duiwe gejag by 'n watergat. Sy aanvalsmetode is skouspelagtig, naamlik om blitsig en laag in te swiep tussen die duiwe en een to probeer gryp voor hulle kan wegkom. Maar hy was nie baie suksesvol nie en moes verskeie aanvalle loods voor hy een gevang het. Die jong valke is onervare en het veel minder sukses as die volwasse, ervare valke.
Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 542 Bekeken
_CVR1802~c_v_rooyen-Edit

Vegtende springbokke

Ek het die twee skermende springbokramme vroegoggend in die Kgalagadi afgeneem. Hulle het eers speels begin maar mettertyd ernstiger geraak en eers opgehou toe die verloorder die aftog geblaas het en flink padgegee het.
Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 574 Bekeken
_CVR9539~c_v_rooyen-Edit

Kalaharileeu

Die rustige en statige houding van die leeuwyfie het my opgeval. 'n Pragtige dier in die fleur van haar lewe. Afgeneem in die Nossob droë rivier vallei in die Kgalagadi.

Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 551 Bekeken
DSC_9353~c_v_rooyen-Edit-Edit

Berghaan (Bateleur)

Wanneer die temperatuur in die Kgalagadi in die somer die hoogte in skiet, kom die arende af na die watergate om te bad en te drink. Ek het hierdie wyfie op 'n snikhete middag afgeneem waar sy haar dors kom les het. 

Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 593 Bekeken
_CVR9317~c_v_rooyen-Edit

Jong leeu en swartkraai

Ek het hierdie amusante toneeltjie verlede maand in die Kgalagadi Oorgrenspark gefotografeer. Die jong leeutjie het die swartkraai by die watergat speels bekruip, maar die kraai was gans te vinnig vir die leeu en het hom gou uit die voete gemaak.  

Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 575 Bekeken
_CVR9027~c_v_rooyen-Edit

Berghaan (Bateleur)

Ek het die berghaan verlede maand in die Kgalagadi oorgrenspark in die Noord-Kaap by 'n watergat afgeneem. Die arende kom drink en bad by die water op die hitte van die dag - wat soms by 40 grade Celsius draai! Camera Model: NIKON Z 9 Shutter speed: 1/8000 sec Aperture: 6.3 Exposure compensation: +1/3 ISO: 1100 Lens: VR 300mm f/2.8

Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 554 Bekeken
DSC_0506~c_v_rooyen-Edit

Witkoluiltjie

Ek het die uiltjie in die Krugerwildtuin raakgeloop twee jaar gelede net voor die hekke gesluit het. Ek het hom byna misgekyk, want hy smelt so mooi saam met die stomp. Ek het 'n klein bietjie flits gebruik. Camera Model: NIKON D850 Shutter speed: 1/1250 sec Aperture: 6.3 Exposure compensation: +1/3 ISO: 720 Focal length: 500mm

Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 553 Bekeken
_CVR0507~c_v_rooyen-Edit-2

Bontvisvanger

Ek het hierdie bontvisvangertjie op die strand in Plettenbergbaai afgeneem op 'n lig bewolkte dag. Hulle jag gereeld daar in die vlak golwe. Die ligte kleur aan die onderkant van die foto is die uit fokus kruin van 'n brander. Uit die hand geskiet. Camera Model: NIKON Z 9 Shutter speed: 1/10000 sec Aperture: 5.6 Exposure compensation: -1/3 ISO: 1400 Lens: AF-S NIKKOR 500mm PF

Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 546 Bekeken
DSC_1932~c_v_rooyen-NEF_DxO_DeepPRIME-Edit

Kuifkopvisvanger

Ek het hierdie kuifkopvisvangertjie twee jaar gelede in die Krugerwildtuin afgeneem vanuit my voertuig. Hy het in die skadu van die brug gesit waarop ek gestaan het. Die klein juweeltjies is gelukkig redelik volop en mens vind hulle by die meeste groot damme en riviere. Camera Model: NIKON D5 Aperture: 7.1 Exposure mode: Manual Exposure compensation: +1/3 Flash: Off Lens: 500.0 mm f/4.0

Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 575 Bekeken
DSC_3747~c_v_rooyen-Edit-Edit

Pylstertrooibekkie

Ek het hierdie pylstertrooibekkie vroeër vanjaar in die Kgalagadi Oorgrenspark afgeneem. Hulle kom meestal voor in die droër, westelike savannastreke van Suid-Afrika. Camera Model: NIKON D850 Shutter speed: 1/1600 sec Aperture: 6.3 ISO: 360 Lens: 500.0 mm f/5.6 PF

Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 563 Bekeken
_CVR4521~c_v_rooyen-Edit-Edit

Rooibekeend in volle vlug

Ek is woonagtig in Suid-Afrika. Ek het die foto geneem by ons plaaslike waterwerke in Plettenbergbaai, Wes-Kaap op 'n sonnige agtermiddag. Daar is verskeie broeipare Rooibekeende wat vele geleenthede skep vir fotografie. (Verskoon die Afrikaans, ek is nie Nederlands magtig nie) Groete Chris

Profielfoto van Chris van Rooyen
  • Chris van Rooyen
  • 2 jaar geleden
  • 566 Bekeken
Foto van de dag
  • Moeder en kind
Themafoto van de maand
  • Winnaar maandthema november  "Herfstbos"
Spotlight
  • Winnaar "Meet your friends"
Onder de aandacht
  • Verslag Meet your Friends 2025
Laatste nieuws
  • Runner up!
Laatste reacties
  • Runner up!
    Dank voor je fijne reactie Hester… - 14-12-2025
  • Runner up!
    dank voor je compliment Erik… - 14-12-2025
  • Runner up!
    Heel licht van sfeer die blaadjes en mooi gemixt om het nog kunstzinniger t… - 14-12-2025
  • Manta
    Dat was vast wel een adrenaline boost Eric, toe je na 26 jaar lang duiken, … - 14-12-2025
  • De zonsondergang van gisteren
    Mooi beweging gemaakt Yanouschka, prachtig ICM beeld, ik hou er van. En voo… - 14-12-2025
Laatste berichten
  • Verslag Meet your Friends
  • Cadeaubon DDN Workshop of Fotodag/-wandeling
  • Thema van de maand december 2025 "Lichtpuntjes"
 
  • Informatie en voorwaarden
  • Contact
  • Privacy voorwaarden